Lekker saam die slegte
Wel ek wil eerste dankie se vir almal wat my sterkte toe gewens het! Julle is stere en dit beteken baie vir my dat julle aan my gedink het. My pyn is nog daar… veral as ek baie loop maar die medikasie help baie, my gemoed was lanklaas so goed. More is dit terug werk toe met n week se op gehoopte werk… Wooopeee! Maar eerlik ek sien uit daar na. Mens kan ok net so lank le en slaap!
Verder was dit n lekker naweek, self n oproep van my pa gekry… dit het vir my so baie beteken!
Gister het ek by n vriendin gaan braai. Voel so snaaks as jy dood nugter (meds en drank is a big no no!) daar sit en aan kyk hoe hulle een vir een val onder die giggle en my storie is die snaakste ooit stappe val. Eintlik was dit vir my n wonderlike middag/aand, ek het rustig sit en ontspan, n nuwe vriend van my het saam gekom. Dis een van daai ons kan gesels vir ure en nie uit dinge raak om te bespreek nie, lag en erenstig wees tiepe friendskappe.
Gelukig het dit nie n laat aand ding geword nie en het ons so teen 10 uur huis waarts gegaan, verder gesit en gesels tot 12 uur of was dit later…
Wel hoop julle almal het n heerlike week! As ek skaars is in die week wat kom is ek begrawe onder n hoop werk!


