Archive for Uncategorized

So laaste gedagte voor die naweek…

Michael Buble
Everything

You’re a falling star, You’re the get away car.
You’re the line in the sand when I go too far.
You’re the swimming pool, on an August day.
And you’re the perfect thing to say.

And you play it coy, but it’s kinda cute.
Ah, When you smile at me you know exactly what you do.
Baby don’t pretend, that you don’t know it’s true.
Cause you can see it when I look at you.

[Chorus:]
And in this crazy life, and through these crazy times
It’s you, it’s you, You make me sing.
You’re every line, you’re every word, you’re everything.

You’re a carousel, you’re a wishing well,
And you light me up, when you ring my bell.
You’re a mystery, you’re from outer space,
You’re every minute of my everyday.

And I can’t believe, uh that I’m your man,
And I get to kiss you baby just because I can.
Whatever comes our way, ah we’ll see it through,
And you know that’s what our love can do.

[Chorus:]
And in this crazy life, and through these crazy times
It’s you, it’s you, You make me sing
You’re every line, you’re every word, you’re everything.

So, La, La, La, La, La, La, La
So, La, La, La, La, La, La, La

[Chorus:]
And in this crazy life, and through these crazy times
It’s you, it’s you, You make me sing.
You’re every line, you’re every word, you’re everything.
You’re every song, and I sing along.
‘Cause you’re my everything.
Yeah, yeah

So, La, La, La, La, La, La, La
So, La, La, La, La, La, La, La, La, La, La, La

 

No comment »

Lekker saam die slegte

Wel ek wil eerste dankie se vir almal wat my sterkte toe gewens het! Julle is stere en dit beteken baie vir my dat julle aan my gedink het. My pyn is nog daar… veral as ek baie loop maar die medikasie help baie, my gemoed was lanklaas so goed. More is dit terug werk toe met n week se op gehoopte werk… Wooopeee! Maar eerlik ek sien uit daar na. Mens kan ok net so lank le en slaap!

Verder was dit n lekker naweek, self n oproep van my pa gekry… dit het vir my so baie beteken!

Gister het ek by n vriendin gaan braai. Voel so snaaks as jy dood nugter (meds en drank is a big no no!) daar sit en aan kyk hoe hulle een vir een val onder die giggle en my storie is die snaakste ooit stappe val. Eintlik was dit vir my n wonderlike middag/aand, ek het rustig sit en ontspan, n nuwe vriend  van my het saam gekom. Dis een van daai ons kan gesels vir ure en nie uit dinge raak om te bespreek nie, lag en erenstig wees tiepe friendskappe.

Gelukig het dit nie n laat aand ding geword nie en het ons so teen 10 uur huis waarts gegaan, verder gesit en gesels tot 12 uur of was dit later…

Wel hoop julle almal het n heerlike week! As ek skaars is in die week wat kom is ek begrawe onder n hoop werk!

Comments (5) »

Pappa dag!

Aan al die Pappa’s daar buite ek hoop julle het n wonderlike Pappa dag!! My you be spoiled rotten!!

Comments (1) »

Die laaste paar dae…

Die naweek was lekker dol… My klein boet is terug in Pretoria! Om te bly… en op die oomblik bly hy in Triston se bed!! Maar ek mind nie… ek het hom so vrek baie gemis! Dit sal seker nog so week neem voor ons poog om mekaar dood te maak, maar tog is dit so lekker om hom terug te he.

Triston het hom so dag lank uit die boom uit probeer kyk, maar teen Sondag het hulle vinnig vinnig gebond en het Triston nou n nuwe maaitjie wat hom als sal gee wat sy hart begeer!

Sondag was ons Pioniers Huis toe vir n braai… die plek is nog steeds onder renovations maar dit was nogdans heerlik! Die bome het al hulle blare geskud en Triston, my klein-nig en my klein boet het hope gebou en deur dit gehardloop. Mekaar met blare gegooi en oor die algemeen net vrek lekker gelag!

By ons braai plekkie was daar n gans, ek vermoed hy is n outcast want hy het nooit ver van ons af beweeg en wanneer ons hom brood gegee het, het hy nie die ander geroep vir die fees nie. Op n staduim het Triston hom met n erenstige vrons mooi vertel hy mag nie sy finger byt nie… toe besluit die gans sy tone lyk lekkerder! Gelukkig was dit nie harde happe anders het ons gans inplaas van tjops gebraai!!

Ons het ook so bietjie gaan stap op die plaas gronde… die kalkoene gejaag en na die skaape gaan kyk… daar was die oulikste lam!! Triston en klein nig het op n ou vrottende ossewa rond geklouter en stokke/vere/ blare ag sommer als wat hulle kon versamel…

Net toe ons reg maak om te gaan, kom al die diere terug kraal toe… perde, koeie en skape…. en met die aankoms besluit die ander horde ganse om ondersoek in te gaan stel. Ons staan almal nog so lekker en kyk na die diere march, toe n half volgroeide kalf los breek en die ganse gaan jaag… die kalkoene besluit dis sommer twak die en jaag die kalf… ek wou rol van die lag, die kalf het skoon soos n moerse groot puppy gelyk soos hy die goed jaag en skielik besef hy word ook gejaag!!

Oppad terug het ons deur die Silverton Tannery gaan ry… dis so vrek mooi daar. n Man “Fourie” het teen die mure geverf die mooste wild skilderye wat ek al ooit aan skou het… Triston was mal daar oor om al die diere uit te soek, als lyk so life like!!

So eindig die sondag outing…

Vandag was n ander tiepe dag vir my… ek het besluit dat ek nou maar sal moet doen wat ek nou te lank afstel, ek het hof toe gegaan en daai ex van my maar gaan dagvaar vir die uitstande onderhoud. Dit was die laagte punt van my dag, ek wou nooit gehad het dinge moet so ver gaan maar ek is raad op!

Op n hoe noot… ek het my kar terug!! Ek het my kar terug!! So nou het ek weer vryheid tot my eie beweging… dis n wonderlike gevoel, al sit ek nou by die huis, staan daar hier buite die opsie om te kan beweeg as ek nodig het, sonder om iemand anders in die oog hoef te kyk nie!!

Comments (7) »

Woordeboek…

Al ooit agtergekom hoe mense jou woorde kan draai en swaai tot dit heetemal die teenoorgestelde betekenis het van wat jy nou waarlike bedoel. Hulle sal trek ruk en pluk aan n stelling tot jy net moet op gee en sê “jip dis presies wat ek bedoel het!” hande in die lug gooi en weg stap.

Ek dink die grootste van die misverstande vind plaas wanneer n vrou en man sin volle gespreke probeer aanvoer. Iemand gaan verseker iets sê wat die ander verkeerd gaan opneem! En toe kry ek die antwoord!!! En net sodat julle weet ek is n gawe mens sal ek die geheim tot die keer van misverstande met julle deel. Dis topsecret goed die en ek mag nie sê hoe ek my hande op dit gekry het nie maar hier is Venus en Mars se directe vertaaling:

‘n Vrou se woordeboek

 

Ja = Nee

Nee = Ja

Miskien = Nee

Ons het dit nodig = Ek wil dit hê

Ek is jammer = Jy gaan jammer wees

Ons moet praat = Jy is in die moeilikheid

Goed gaan maar voort = Jy beter nie

Doen maar wat jy wil = Jy sal later daarvoor betaal

Ek is nie ontsteld nie = natuurlik is ek ontsteld, jou moroon!

Jy is baie bedagsaam vanaand = is seks ook al waaraan jy ooit dink?

 

‘n Man se woordeboek

 

Ek is honger = Ek is honger

Ek is vaak = Ek is vaak

Ek is moeg = Ek is moeg

Mooi rok = Ek laaik daai “cleavage”

Ek het jou lief = Ek wil nou met jou seks hê

Ek is verveeld = Is jy nie lus vir seks nie?

Wil jy dans? = Ek sal daarvan hou om met jou seks te hê

Kan ek jou later bel? = Ek sal daarvan hou om met jou seks te hê

Wil jy saam met my gaan fliek = Ek sal daarvan hou om met jou seks te hê

Wil jy saam met my gaan eet = Ek sal daarvan hou om met jou seks te hê

Daardie skoene pas nie by daardie rok nie = Ek is gay

 

Daar het julle dit nou… lekker naweek!

 

Comments (7) »