Archive for Ex stront...

Just call me the fool…

Soul searching

Reaching out for where you used to be

Empty spaces is all I find

Dreams left in dust

Shadows of might haves

 

Nothing left

No going back

No way forward

Tears no longer ease

Screaming soul wrenching

No one hears

 

Why bother

Why care when you don’t

I feel empty, hollow

Nothing fills that space

A part of my heart

Ash and stone

 

Tomorrow I have to face the man I loved, the man I wanted by my side for the rest of my life. The one I wanted to grow old with, sit in sunny parks, watching our grandchildren play… I’ve never felt as empty as I do today, not even the day I stood in that cold court room, and stated the reason for my divorce compares to this. The reason is that tomorrow I have to admit that I was wrong about him. The responsible, mature, and unselfish man I thought I loved no longer exists, or never did.

 

It makes me feel like such a fool, I truly believed in the future I thought the two of us where building. And after that I believed the promises of a man who told me his son and his son’s needs will always come first… guess I really am a fool.

Comments (6) »

Die laaste paar dae…

Die naweek was lekker dol… My klein boet is terug in Pretoria! Om te bly… en op die oomblik bly hy in Triston se bed!! Maar ek mind nie… ek het hom so vrek baie gemis! Dit sal seker nog so week neem voor ons poog om mekaar dood te maak, maar tog is dit so lekker om hom terug te he.

Triston het hom so dag lank uit die boom uit probeer kyk, maar teen Sondag het hulle vinnig vinnig gebond en het Triston nou n nuwe maaitjie wat hom als sal gee wat sy hart begeer!

Sondag was ons Pioniers Huis toe vir n braai… die plek is nog steeds onder renovations maar dit was nogdans heerlik! Die bome het al hulle blare geskud en Triston, my klein-nig en my klein boet het hope gebou en deur dit gehardloop. Mekaar met blare gegooi en oor die algemeen net vrek lekker gelag!

By ons braai plekkie was daar n gans, ek vermoed hy is n outcast want hy het nooit ver van ons af beweeg en wanneer ons hom brood gegee het, het hy nie die ander geroep vir die fees nie. Op n staduim het Triston hom met n erenstige vrons mooi vertel hy mag nie sy finger byt nie… toe besluit die gans sy tone lyk lekkerder! Gelukkig was dit nie harde happe anders het ons gans inplaas van tjops gebraai!!

Ons het ook so bietjie gaan stap op die plaas gronde… die kalkoene gejaag en na die skaape gaan kyk… daar was die oulikste lam!! Triston en klein nig het op n ou vrottende ossewa rond geklouter en stokke/vere/ blare ag sommer als wat hulle kon versamel…

Net toe ons reg maak om te gaan, kom al die diere terug kraal toe… perde, koeie en skape…. en met die aankoms besluit die ander horde ganse om ondersoek in te gaan stel. Ons staan almal nog so lekker en kyk na die diere march, toe n half volgroeide kalf los breek en die ganse gaan jaag… die kalkoene besluit dis sommer twak die en jaag die kalf… ek wou rol van die lag, die kalf het skoon soos n moerse groot puppy gelyk soos hy die goed jaag en skielik besef hy word ook gejaag!!

Oppad terug het ons deur die Silverton Tannery gaan ry… dis so vrek mooi daar. n Man “Fourie” het teen die mure geverf die mooste wild skilderye wat ek al ooit aan skou het… Triston was mal daar oor om al die diere uit te soek, als lyk so life like!!

So eindig die sondag outing…

Vandag was n ander tiepe dag vir my… ek het besluit dat ek nou maar sal moet doen wat ek nou te lank afstel, ek het hof toe gegaan en daai ex van my maar gaan dagvaar vir die uitstande onderhoud. Dit was die laagte punt van my dag, ek wou nooit gehad het dinge moet so ver gaan maar ek is raad op!

Op n hoe noot… ek het my kar terug!! Ek het my kar terug!! So nou het ek weer vryheid tot my eie beweging… dis n wonderlike gevoel, al sit ek nou by die huis, staan daar hier buite die opsie om te kan beweeg as ek nodig het, sonder om iemand anders in die oog hoef te kyk nie!!

Comments (7) »

100…

Hierdie is post 100 op my WordPress blog…

Ek het gedink ek wou met die geleentheid terug kyk op hoe my lewe gevorder het, hoe my pad deur die 100 posts gestap is…

Maar ek kan nie, ek dink nie daar is iets, buiten my seun, om oor te se ek is waarlik happy in my lewe nie.

Ek is nou single en nee dis nie vir my lekker nie. Ek het gedink dit gaan intresant wees om te sien hoe dit werk, aangesien ek nog nooit lank single was nie… ek verpes dit, ek is nie gemaak vir alleen wees, ek wil my dag met iemand deel, my blydskap, my kwaat en my als. Ek wil iemand se dag met hulle deel, ek wil hoor van die goeie en slegte stories wat deur die dag gebeur het… ek wil op n bank met iemand op krul en n lekker fliek kyk, ek wil by n vuur sit en praat oor als en niks.

Ek doen werk wat ek waarlik LOVE maar ek is oor werk, ek voel uit gebrand, as ek in die huis in stap wil ek net gaan sit en grens van moegheid! Maar ek kan nie, ek plak n smile op my gesig en spandeer so veel tyd moontlik met Triston en tog voel ek of ek so vrek baie van hom mis.

Ek het n kar, maar die is al vir 5 maande stukkend en as gevolg van dit is ek so totaal en al afhanklik van ander mense se goedheid om van punt A tot punt B te kom, gelukig met die bus staakery kan ek op DM staat maak om by die huis te kom anders kon ek nie eers dit doen nie. Ek is n gevangene in my huis. Al hoe ek kan uit kom is met vriende wat my kom haal of as ek my ma se kar kan leen… ek voel of ek mense net gebruik en is so bang dat hulle dit so gaan sien.

And the best for last… my exman het my vandag laat weet dat hy weer sy werk verloor het… dus my kar bly stukkend, ek bly afhanklik van ander mense se goedheid, ek dra nogsteeds skuld wat ek nie alleen gemaak het nie, en wat ek nie naastenby kan bekostig nie… en die ergste is dat ek nie my kind die beste kan gee wat hom toekom!

Ek wil kwaat wees… ek wil vloek en skel en skree, maar ek het nie meer die krag nie. Al wat ek voel is moedeloos…  

Comments (8) »

Op geskryf…

Ok ek dink ek is op geskryf vir eers… ek het eendag gelees dat dit makliker is om te skryf as dinge in jou lewe skeef loop… jou emosies is dan meer op die opervlak en so dis makliker om te herken. Nou ja…

 

Dinge in my lewe gaan vir die eerste keer in n lang tyd redelik goed. My ex man het uit eiendelik werk gekry. So daar is vooruitsig vir die las op my skouers om een van die dae ligter te word. Al gaan dit nie nou al beter nie… is die idée daar dat oor 2 of 3 maande dinge beter sal lyk… ek my kar sal kan laat reg maak(ek haat dit om sonder kar te sit!!)… ek die dinge kan bekostig vir Triston en my wat ek nie op die oomblik kan doen nie… n heerlike verligting!  

 

Ek sal nie op hou blog nie… ek kan nie, ek is verslaaf!

 

Maar ek dink die diep en donker sal minder wees in die dae/weke/ sal ons hoop vir maand, wat voor lê…

 

N girl kan mos droom :wink:

Comments (7) »

Donker gange…

Ons almal vind dae in ons lewens wat voel soos danker gange… daar vêr weg is n lig maar geen hoeveelheid stap, draf en hardloop bring jou nader aan daai lig!

 

Ek het gedink na my egskeiding gaan ek en my ex vriende kan bly, ons het tog nooit n slegte huwelik gehad nie, maar so veel onwaarhede en lee beloftes het daai hoop vinnig op n rak gaan sit.

 

En hier sit ek nou weer, my bank balans is nul want die uwe het weer sy werk verloor die onderhoud stap aan die 3 maande agter en ek weet nie waar daai lig heen is nie, want hy skyn so vêr dit knipoog net vir my…

 

En wat is ek om te doen… hom hof toe vat en dan wat… wyer dat hy Triston sien, dan straf ek my seun. Hy het tot die besef gekom sy pa is nie meer hier nie… So elke keer wat ons voor die lift staan het hy die grootse glimlag op sy gesig en vra opgewonde of hy na sy papa gaan… dit skeur my hart in twee!

 

Hoe verduidelik mens vir n 2 jarige die konsep van oor twee weke eers!?! Dis nie dat hy Triston NET elke twee weke kan sien, dis al wanneer hy die moeite doen om te onthou hy het n kind… en dan moet ek hom meeste van die tyd remind dat dit weer tyd is. In fact is die sy naweek by sy pa… Ek het nog niks gehoor nie so weet nie of hy Triston gaan kom haal nie, ek kan nie eers vir Triston se^ dis ok jy sien papa die naweek!

 

Die donker gang moet einde kry voor ek heeltemal my pad verloor…

Comments (3) »