Die laaste paar dae…
Die naweek was lekker dol… My klein boet is terug in Pretoria! Om te bly… en op die oomblik bly hy in Triston se bed!! Maar ek mind nie… ek het hom so vrek baie gemis! Dit sal seker nog so week neem voor ons poog om mekaar dood te maak, maar tog is dit so lekker om hom terug te he.
Triston het hom so dag lank uit die boom uit probeer kyk, maar teen Sondag het hulle vinnig vinnig gebond en het Triston nou n nuwe maaitjie wat hom als sal gee wat sy hart begeer!
Sondag was ons Pioniers Huis toe vir n braai… die plek is nog steeds onder renovations maar dit was nogdans heerlik! Die bome het al hulle blare geskud en Triston, my klein-nig en my klein boet het hope gebou en deur dit gehardloop. Mekaar met blare gegooi en oor die algemeen net vrek lekker gelag!
By ons braai plekkie was daar n gans, ek vermoed hy is n outcast want hy het nooit ver van ons af beweeg en wanneer ons hom brood gegee het, het hy nie die ander geroep vir die fees nie. Op n staduim het Triston hom met n erenstige vrons mooi vertel hy mag nie sy finger byt nie… toe besluit die gans sy tone lyk lekkerder! Gelukkig was dit nie harde happe anders het ons gans inplaas van tjops gebraai!!
Ons het ook so bietjie gaan stap op die plaas gronde… die kalkoene gejaag en na die skaape gaan kyk… daar was die oulikste lam!! Triston en klein nig het op n ou vrottende ossewa rond geklouter en stokke/vere/ blare ag sommer als wat hulle kon versamel…
Net toe ons reg maak om te gaan, kom al die diere terug kraal toe… perde, koeie en skape…. en met die aankoms besluit die ander horde ganse om ondersoek in te gaan stel. Ons staan almal nog so lekker en kyk na die diere march, toe n half volgroeide kalf los breek en die ganse gaan jaag… die kalkoene besluit dis sommer twak die en jaag die kalf… ek wou rol van die lag, die kalf het skoon soos n moerse groot puppy gelyk soos hy die goed jaag en skielik besef hy word ook gejaag!!
Oppad terug het ons deur die Silverton Tannery gaan ry… dis so vrek mooi daar. n Man “Fourie” het teen die mure geverf die mooste wild skilderye wat ek al ooit aan skou het… Triston was mal daar oor om al die diere uit te soek, als lyk so life like!!
So eindig die sondag outing…
Vandag was n ander tiepe dag vir my… ek het besluit dat ek nou maar sal moet doen wat ek nou te lank afstel, ek het hof toe gegaan en daai ex van my maar gaan dagvaar vir die uitstande onderhoud. Dit was die laagte punt van my dag, ek wou nooit gehad het dinge moet so ver gaan maar ek is raad op!
Op n hoe noot… ek het my kar terug!! Ek het my kar terug!! So nou het ek weer vryheid tot my eie beweging… dis n wonderlike gevoel, al sit ek nou by die huis, staan daar hier buite die opsie om te kan beweeg as ek nodig het, sonder om iemand anders in die oog hoef te kyk nie!!











