Woordeboek…

Al ooit agtergekom hoe mense jou woorde kan draai en swaai tot dit heetemal die teenoorgestelde betekenis het van wat jy nou waarlike bedoel. Hulle sal trek ruk en pluk aan n stelling tot jy net moet op gee en sê “jip dis presies wat ek bedoel het!” hande in die lug gooi en weg stap.

Ek dink die grootste van die misverstande vind plaas wanneer n vrou en man sin volle gespreke probeer aanvoer. Iemand gaan verseker iets sê wat die ander verkeerd gaan opneem! En toe kry ek die antwoord!!! En net sodat julle weet ek is n gawe mens sal ek die geheim tot die keer van misverstande met julle deel. Dis topsecret goed die en ek mag nie sê hoe ek my hande op dit gekry het nie maar hier is Venus en Mars se directe vertaaling:

‘n Vrou se woordeboek

 

Ja = Nee

Nee = Ja

Miskien = Nee

Ons het dit nodig = Ek wil dit hê

Ek is jammer = Jy gaan jammer wees

Ons moet praat = Jy is in die moeilikheid

Goed gaan maar voort = Jy beter nie

Doen maar wat jy wil = Jy sal later daarvoor betaal

Ek is nie ontsteld nie = natuurlik is ek ontsteld, jou moroon!

Jy is baie bedagsaam vanaand = is seks ook al waaraan jy ooit dink?

 

‘n Man se woordeboek

 

Ek is honger = Ek is honger

Ek is vaak = Ek is vaak

Ek is moeg = Ek is moeg

Mooi rok = Ek laaik daai “cleavage”

Ek het jou lief = Ek wil nou met jou seks hê

Ek is verveeld = Is jy nie lus vir seks nie?

Wil jy dans? = Ek sal daarvan hou om met jou seks te hê

Kan ek jou later bel? = Ek sal daarvan hou om met jou seks te hê

Wil jy saam met my gaan fliek = Ek sal daarvan hou om met jou seks te hê

Wil jy saam met my gaan eet = Ek sal daarvan hou om met jou seks te hê

Daardie skoene pas nie by daardie rok nie = Ek is gay

 

Daar het julle dit nou… lekker naweek!

 

7 Responses so far »

  1. 1

    Pikkelik said,

    May 17, 2008 @ 8:38 am

    Unbelievable - nou verstaan ek ook! Dankie TristonJ! :lol:

  2. 2

    Sabrina said,

    May 17, 2008 @ 9:31 am

    Jou ex het ‘n baie dom-onnosele-ding gedoen om jou te verloor, jy is full of fun and games, and I like!

  3. 3

    Da Mario said,

    May 17, 2008 @ 9:54 am

    Jip, ervaring het my geleer dis min of meer presies hoe vrouens se koppe werk. :lol:
    Weet nie hoekom julle nie net kan sê wat julle soek nie!! EN as jy ‘n man gelukkig wil hê, verstaan jy hoef net op te pitch met ‘n paar biere en bereidwillig wees om met hom seks te hê. O ja, en stil bly gedurende die sport op TV. Hoe moeilik kan dit nou wees?? En o ja, as jy ‘n constant flow van vingerhappies en sulke lekker versnapperinge en dinge kan voorsien vir hom en sy vriende om aan te peusel terwyl die game op is dan gaan jou punte net styg. En hou hulle glase vol en so jy weet! En uhmm… ek dink ek is nou op dun genoeg ys vir eers, so dankie vir die smiles girl!! ;)

  4. 4

    TristonJ said,

    May 17, 2008 @ 10:46 am

    whahaha… baie dun ys… daie drie dinge het darm vinnig in n lang lys van demands verander :razz:

  5. 5

    Da Mario said,

    May 17, 2008 @ 11:18 am

    Jy weet mos dis hoe mans is. Net so paar goetertjies verander mos VREESLIK vinnig in ‘n moewiese lys demands!! :mrgreen:

  6. 6

    Wipneus! said,

    May 17, 2008 @ 1:02 pm

    Dis presies net soos mars en venus se koppe werk… ;)

  7. 7

    demoerin said,

    May 19, 2008 @ 11:40 am

    Sien, maklik om ‘n man gelukkig te hou. I rest my case!

Comment RSS · TrackBack URI

Say your words