Archive for May 17, 2008

Woordeboek…

Al ooit agtergekom hoe mense jou woorde kan draai en swaai tot dit heetemal die teenoorgestelde betekenis het van wat jy nou waarlike bedoel. Hulle sal trek ruk en pluk aan n stelling tot jy net moet op gee en sê “jip dis presies wat ek bedoel het!” hande in die lug gooi en weg stap.

Ek dink die grootste van die misverstande vind plaas wanneer n vrou en man sin volle gespreke probeer aanvoer. Iemand gaan verseker iets sê wat die ander verkeerd gaan opneem! En toe kry ek die antwoord!!! En net sodat julle weet ek is n gawe mens sal ek die geheim tot die keer van misverstande met julle deel. Dis topsecret goed die en ek mag nie sê hoe ek my hande op dit gekry het nie maar hier is Venus en Mars se directe vertaaling:

‘n Vrou se woordeboek

 

Ja = Nee

Nee = Ja

Miskien = Nee

Ons het dit nodig = Ek wil dit hê

Ek is jammer = Jy gaan jammer wees

Ons moet praat = Jy is in die moeilikheid

Goed gaan maar voort = Jy beter nie

Doen maar wat jy wil = Jy sal later daarvoor betaal

Ek is nie ontsteld nie = natuurlik is ek ontsteld, jou moroon!

Jy is baie bedagsaam vanaand = is seks ook al waaraan jy ooit dink?

 

‘n Man se woordeboek

 

Ek is honger = Ek is honger

Ek is vaak = Ek is vaak

Ek is moeg = Ek is moeg

Mooi rok = Ek laaik daai “cleavage”

Ek het jou lief = Ek wil nou met jou seks hê

Ek is verveeld = Is jy nie lus vir seks nie?

Wil jy dans? = Ek sal daarvan hou om met jou seks te hê

Kan ek jou later bel? = Ek sal daarvan hou om met jou seks te hê

Wil jy saam met my gaan fliek = Ek sal daarvan hou om met jou seks te hê

Wil jy saam met my gaan eet = Ek sal daarvan hou om met jou seks te hê

Daardie skoene pas nie by daardie rok nie = Ek is gay

 

Daar het julle dit nou… lekker naweek!

 

Comments (7) »