100…
Hierdie is post 100 op my WordPress blog…
Ek het gedink ek wou met die geleentheid terug kyk op hoe my lewe gevorder het, hoe my pad deur die 100 posts gestap is…
Maar ek kan nie, ek dink nie daar is iets, buiten my seun, om oor te se ek is waarlik happy in my lewe nie.
Ek is nou single en nee dis nie vir my lekker nie. Ek het gedink dit gaan intresant wees om te sien hoe dit werk, aangesien ek nog nooit lank single was nie… ek verpes dit, ek is nie gemaak vir alleen wees, ek wil my dag met iemand deel, my blydskap, my kwaat en my als. Ek wil iemand se dag met hulle deel, ek wil hoor van die goeie en slegte stories wat deur die dag gebeur het… ek wil op n bank met iemand op krul en n lekker fliek kyk, ek wil by n vuur sit en praat oor als en niks.
Ek doen werk wat ek waarlik LOVE maar ek is oor werk, ek voel uit gebrand, as ek in die huis in stap wil ek net gaan sit en grens van moegheid! Maar ek kan nie, ek plak n smile op my gesig en spandeer so veel tyd moontlik met Triston en tog voel ek of ek so vrek baie van hom mis.
Ek het n kar, maar die is al vir 5 maande stukkend en as gevolg van dit is ek so totaal en al afhanklik van ander mense se goedheid om van punt A tot punt B te kom, gelukig met die bus staakery kan ek op DM staat maak om by die huis te kom anders kon ek nie eers dit doen nie. Ek is n gevangene in my huis. Al hoe ek kan uit kom is met vriende wat my kom haal of as ek my ma se kar kan leen… ek voel of ek mense net gebruik en is so bang dat hulle dit so gaan sien.
And the best for last… my exman het my vandag laat weet dat hy weer sy werk verloor het… dus my kar bly stukkend, ek bly afhanklik van ander mense se goedheid, ek dra nogsteeds skuld wat ek nie alleen gemaak het nie, en wat ek nie naastenby kan bekostig nie… en die ergste is dat ek nie my kind die beste kan gee wat hom toekom!
Ek wil kwaat wees… ek wil vloek en skel en skree, maar ek het nie meer die krag nie. Al wat ek voel is moedeloos…



Jaco said,
May 16, 2008 @ 12:52 am
Wat is fout met jou kar?
TristonJ said,
May 16, 2008 @ 7:29 am
Jaco, hulle sê my alternator het gegaan, daar is n gat in die gearbox en nog so paar dinge daar by…
demoerin said,
May 16, 2008 @ 7:35 am
Geluk met #100! Wee jy, jy het goeie vrinne wat jou so rondkarwy, ‘n seuntjie wat jy voor baie lief is, ‘n nice werk (al is jy so bietjie moeg). Dit is moeilik maar ons lees van hoop die hele week. Ek het net ‘n paar van jou seëninge gelys, en as jy hulle nou getel het…en bietjie beter voel, kan jy maar weer kla en moan. Dit is jou goeie reg!
TristonJ said,
May 16, 2008 @ 8:28 am
EK het baie baie baie seëninge en ek wardeer iedere en elk van hulle… ek voel net soms die kla moet uit… en hier kan ek die kla uit kry, soos jy sê dis my goeie reg!
Wipneus! said,
May 16, 2008 @ 3:39 pm
Mens mag kla want die lewe “suig” partykeer. Soos Demoerin sê, dis jou “stukkie grond” hierdie en wat pla moet uit.
Gelukkig het jy goeie vriende…
Geluk met jou 100ste.
Lekker naweek
Dellie said,
May 16, 2008 @ 5:53 pm
Rant en rave maar soveel soos wat jy wil hier op jou blog. Dis een manier om van jou frustrasies ontslae te raak. En ons mind nie om te luister nie.
Weet jy, my vriendin staan op skei, en uit jou skrywes WEET ek daar lê ‘n moeilike paadjie vir haar voor. Maar DANKSY jou skrywes, weet sy ook min of meer wat om te verwag. So, daar het jy al klaar ietsie goeds gedoen, sonder dat jy dit besef het.
Dankie dat jy hierdie diep dinge in jou lewe met ons deel. Daai goedjies wat jou seermaak, EN dit waarvoor jy dankbaar is, en wat vir jou soveel vreugde bring. Ek wens ek kon my arms uitstrek en net vir jou ‘n drukkie gee. Jy is sterker as wat jy dink! Hou moed!
TristonJ said,
May 16, 2008 @ 8:51 pm
Dankie Dellie… ek is bly as ek op n manier jou vriendin kon help… jy het my email address… as sy wil kan sy my n email drop. Ek sal altyd help waar ek kan. Dit help om mense met mense te gesels wat die pad ook stap.
netjane said,
May 17, 2008 @ 2:24 pm
Geluk met die 100! Sterkte met al die ander goed, maar weet maar jy kan moan en kerm hier, ons luister. Ons luister en lees ook lekker as dit die dag met jou goed gaan.
((((TJ))))