100…
Hierdie is post 100 op my WordPress blog…
Ek het gedink ek wou met die geleentheid terug kyk op hoe my lewe gevorder het, hoe my pad deur die 100 posts gestap is…
Maar ek kan nie, ek dink nie daar is iets, buiten my seun, om oor te se ek is waarlik happy in my lewe nie.
Ek is nou single en nee dis nie vir my lekker nie. Ek het gedink dit gaan intresant wees om te sien hoe dit werk, aangesien ek nog nooit lank single was nie… ek verpes dit, ek is nie gemaak vir alleen wees, ek wil my dag met iemand deel, my blydskap, my kwaat en my als. Ek wil iemand se dag met hulle deel, ek wil hoor van die goeie en slegte stories wat deur die dag gebeur het… ek wil op n bank met iemand op krul en n lekker fliek kyk, ek wil by n vuur sit en praat oor als en niks.
Ek doen werk wat ek waarlik LOVE maar ek is oor werk, ek voel uit gebrand, as ek in die huis in stap wil ek net gaan sit en grens van moegheid! Maar ek kan nie, ek plak n smile op my gesig en spandeer so veel tyd moontlik met Triston en tog voel ek of ek so vrek baie van hom mis.
Ek het n kar, maar die is al vir 5 maande stukkend en as gevolg van dit is ek so totaal en al afhanklik van ander mense se goedheid om van punt A tot punt B te kom, gelukig met die bus staakery kan ek op DM staat maak om by die huis te kom anders kon ek nie eers dit doen nie. Ek is n gevangene in my huis. Al hoe ek kan uit kom is met vriende wat my kom haal of as ek my ma se kar kan leen… ek voel of ek mense net gebruik en is so bang dat hulle dit so gaan sien.
And the best for last… my exman het my vandag laat weet dat hy weer sy werk verloor het… dus my kar bly stukkend, ek bly afhanklik van ander mense se goedheid, ek dra nogsteeds skuld wat ek nie alleen gemaak het nie, en wat ek nie naastenby kan bekostig nie… en die ergste is dat ek nie my kind die beste kan gee wat hom toekom!
Ek wil kwaat wees… ek wil vloek en skel en skree, maar ek het nie meer die krag nie. Al wat ek voel is moedeloos…


