Mamma wees…
Daar is geen groter genot in die lewe as om n kind te sien die werled ontdek! Triston het sy maniertjies van dinge doen… As hy by die huis kom soek hy sy yougert… en as ek nie vinnig genoeg is kry hy n stoel en haal dit self uit die yskas, hy kry ook sy lepel uit die laai en maak die houer self oop! Ek kan nie glo dat hy dit kan doen hy kan nie eers in die laai sien maar hy voel voel tot hy daai blou lepel vind!
As hy klaar die snack met Barney geniet het dan kom staan hy op n stoel op die stoep en roep uit “Hello wereld!” en so is ons nou reg vir die aand… dan word daar gedans met Barney gespeel met mamma en kos so tussen deur gemaak. As die kossies in die maag geland het sit hy lekker by ouma terwyl ek als reg maak vir bed tyd… hy hou my fyn dop en as sy melkies kamer toe gaan dan se hy vinnig vir ouma nighty night en kom self kamer toe.
Daar is waar ek my kind kan drukkies gee, vertel hoe lief ek vir hom is… terwyl ek hom in die bed sit en vir hom nag se stukkie vir stukkie “nag voete, nag bene, nag magie….” en laat ek nou net iets vergeet dan moet als van voor af begin! As die sessies klaar is vat hy rustig sy bottle en gaan slaap.
Gister aand was anders… hy het so 11 uur my kom wakker maak, nie gehuil of iets net gese hy wil saam my le… Ek tel hom toe in en hy hou so styf om my nek vas, vluister “ek lief my mamma” ek trek hom nog stywer teen my vas en vertel hom hoe lief ek hom het! Maar daar begin toe nou n ding… sodra ek my arms ontspan dan klou hy stywer… hy wou niks weet van laat gaan, en ek mag nie vir n sekonde lyk of ek gaan laat gaan nie.
Hy was nie upset nie, hy wou net liefde he! So teen 3 uur was ek vrek moeg maar dit was so lekker om my seun se liefde so sterk te voel. Ek veruil daai oomblike vir niks in die lewe nie… die tyd gaan so vinnig kom dat hy nie meer drukkies wil uit deel nie…


