Archive for May 9, 2008

Verdwyn…

Ek wil weg smelt, wil he die aarde moet my insluk, ek wil verdwyn…

Ek is so moeg, my siel is moeg… Ek dink dis moedersdag wat om die draai is, n moedersdag waar my seun by sy pa gaan wees. Daar gaan niks gebeur nie, geen warm arampies om my nek 4 uur in die ogend nie… geen “lief mama”

Ons het nooit n groot fus gemaak toe ek kind was oor moedersdag nie, nie omdat ons nie wou nie maar ons was nie geleer om dit te doen nie… maar laas jaar toe ek nog gelukkig getroud was, toe my exman my nog lief gehad het, toe my seun nog als normaal in die lewe gehad het, toe het ek so wonderlik gevoel… ek was op hande gedra met geskenkies en kaartjies… ontbyt in die bed en nat bek soene op my wang.

Ek kyk vandag na my regter hand en daar op my ring vinger is die ring wat ek gekry het met moedersdag n jaar terug… en vir n onverklaarbare rede wil ek hom af haal… weg bere,weg gooi… dis die eenigste ding wat ek nog dra van daai dae, daai tyd van my lewe. Hoe kon ek so dom gewees het, hoe kon ek nie elke oomblik in my gedagtes gebere het nie. Hoe kon ek glo dat ek gelukig is, dat als ok is…

Ek kan nie die een face nie… maar ek gaan… net soos ek kersfees geface het, net soos ek n nuwe jaar ingesien het… volgende jaar sal seker makliker gaan en so met elke jaar wat verby gaan. Maar dis nog nie volgende jaar nie, dis nou, hier, net om die draai. Ek kan dit nie stop nie… of weg vat nie.

Ek is sommer besig om laf te wees, ek het geen rede om so te voel nie, ek moet myself nou reg ruk. As ek net geweet het hoe…

Comments (3) »