Archive for May 6, 2008

My %&$# dag…

 

Ek haat skree… verpes dit met n passie. Ek moet my moer goed strip om ver genoeg gedruk te word om te gil… soos n viswyf! Maar vandag, eish vandag! Ek het sommer met die verkeerde voet die bed geklim. Ek kon sommer die bloed voel borrel nog voor ek voet uit die huis sit.

 

Sien, ek bly op die sewende vloer, die blerrie sewende vloer! En vir die afgelope 3 weke is die f-ing lift stukkend… gisteraand klop en kap hulle tot 12 uur om die ding reg te maak, maar raai wat! Vanoggend moet ek die 7 vloere af trap nadat ek voor die son moes op staan want die busse staak mos!! Sal die gawe jaap wat my n lift in gee nie wragtig my 6 uur bel om my aan te jag!

 

Toe ek by die werk op daag staar my to-do list my so vierkantig in die oë en ek weet voor my siel daar is nie n manier wat ek deur die lot sal kom in die 8 ure dag wat voor my le nie. Wat nog te praat van die klein “ag please” takies van die dag. Maar ek gaan maak vir my n kick start tee en gaan face my music!

 

Maar soos die samelewing nou teen my span sal die eerste oproep wat ek kry n gillende kliënt wees… “als reg mr. ek sorteer dit uit” “ja mr. ek weet u wag al 4 weke” “nee mr. dis nie hoe ons werk nie” “okokok… gee my 30 min ek bel terug, ek SAL dit uit sorteer!”  en al die pad praat ek met n smile op my gesig en staar die trut wie se skuld dit is so aan dat ek verbaas is sy het nie in vlamme op gegaan nie… deur my gedagtes loop net “wag ek gaan jou nou beet kry!!”

 

Toe ek daai foon neer sit is my moer meter ver in die rooi en poppie vlug kombuis toe, toe sy sien sy is die target! Se gat kom jy so vinnig af… ek stap toe agter na, vertel haar waar David  sy wortels begrawe het en dat daar n nice spot vir haar uit gehou is daar naby! 4 blerrie weke om iets te doen wat nie eers n uur vat! Sy word hard en duidelik ingelig dat sy die ding klaar sal hê teen 10uur come hell or high water!

 

Ek bel die kliënt en met die sweetste stem wat ek het lig ek hom in dat die dokument by hom sal wees binne die volgende uur. Wonder bo wonder is hy net al te dankbaar en kry wat hy ons voor betaal het.

 

Ek roep toe nou later poppie nader en verduidelik kalm vir haar dat as sy nie haar werk doen nie, land die nagevolge op my tafel en dat ek dit onder geen omstandighede gaan duld dat iemand op my skree asgevolg van staf se nalatigheid! So is die saak toe nou afgehandel, kliënt happy, en baas heel onbewus dat daar amper, amper n telefoon deur die ruit was gevolg met een van sy kosbare staflede!

 

So vorder die dag verder en almal loop maar katvoet om my en my foon, shame hulle het selfs gesorg dat ek nie by my tafel is as hulle dokumente bring nie…

 

Comments (8) »