TLC…
My ma is een van 5 kinders, 4 dogters 1 seun. Ons sit die naweek in Germiston, hier het my ma groot geword en hier sit 3 uit die 5… die ander 2 is saam met my hier. My 2 Miss Daisies! En my neef met sy 2 is ook hier so Triston het gelukkig toe maaitjies. Klein-nig wat by hom bly pickle toe ook saam… en die lot maak een groot ou regte boere kombuis tjok en blok vol!
So besluit die lot toe nou dat gister gaan ons perde kyk! Nou dis iets wat ek nog nooit gedoen het en Triston dus ook nog nie. Maar soos Murphy dit nou sal wil hê reën dit hier in onse mooi Gautengeleng… en ons raak aan te kuier met n heeeeelllleee paar bottels wyn, als van n droë wit na n soet Rosé. Nou moet ek las dat ek nie n groot wyn drinker is, inteendeel het ek glad nie wyn gedrink tot DM my geleer het nie!
Die kuier gaan al te lekker aan… daar is niks soos kuier met familie, veral my familie! Ons is close al sien ons mekaar nie gereeld nie, die oomblik wat ons by mekaar kom is dit asof die laaste keer wat ek hulle gesien het gister was. Ons kan gesels oor als, lag en huil, skree en skel so lekker saam! Ons sit in daai kombuis al van dat ek kan onthou en kuier so, die dag wat ek oud genoeg was om saam te kon klets was soos n rite of passage… my dag van aanvaarding as een van die “grootmense”, skielik tel my mening, skielik is wat ek se en vertel nie meer kinder stories nie!
Die naweek was my klein niggie se beurt… eintlik moes dit al lankal met haar gebeur het, maar haar ma (my niggie) is nie meer met ons nie en dus was daar niemand wat vir haar gese het om te kom sit, te luister, te lag en saam n glas wyn te deel nie. Toe ek daar opdaag was sy nog die ou kinderlike (bietjie kinderagtige) girl wat my grys hare voor my tyd gee. Maar teen die tyd wat die kuier geëindig het kon ek sien sy is nou deel van die “grootmense” êrens in die ure se klets en lag het haar mindset geskuif.
Ek het n familie vol TLC, niemand is uitgesluit… as een seer kry staan almal op, as iemand bly is deel almal saam. Dit het my groot val gevat om waarlik agter te kom wat ek in my familie het. Ek veruil hulle vir niks, my seun het oumas by die hordes my seun het ooms en tannies wat help met sy groot maak net soos almal deel aan my grootmaak gehad het. Ek is n deel van elkeen van hulle! Triston sal in die lewe nooit enige iets alleen moet face, hy sal altyd die familie agter hom he^, om sy gat te skop as dit nodige is, sy seer te troos as laste te veel raak… hy sal in die lewe niks kort kom.
As liefde in geld kon omgekeer word is al wat ek kan se^ “Vat so Bill Gates
!”


