Happy Valentines Day…

bloed.jpg blomsjoks.jpghart.jpg

CHRISTI-MARI BOTES

Woorde

Ek wonder of jy weet dat ek

soms wil vergeet

van die woorde wat seermaak,

woorde waaroor jy nie waak.

Die woorde is vir jou van min belang - vir

jou is dit maar net klinkers en hul medes

wat so bekommerd is oor hul sedes

in een groot woordesang,

maar dit is my wens dat jy ‘n slag

die lewe sal bekyk deur ‘n ander lens,

sodat jy uit jou klein fyn wereldjie

kan kruip - oor jou regter in plaas van jou

linker skouer te loer,

en dan sal jy my sien wag op die vloer.

ERIKA OSCHE

blom

draai jou kop dié kant toe

kyk ‘n bietjie ver

kyk ‘n bietjie diep

skoffel tussen die ontkenning

trek al die verplasing uit

miskien sal jy die tuin

wat jy soek

op die maan

onverwags naby jou vind

as jy dan dié tuin ontdek

sal ek ook vir jou blom

  Ek moet nou bieg… die twee gedigte hierbo is vir my vreeslik mooi en vol van pyn en hoop, dis mos maar al wat liefde is… pyn en hoop en eendag dan maak jy jou oe oop en liefde het geblom… Maar die Valentines day bug het my nog nooit waarlik gebyt nie… lol… Ek is nie vreeslik groot op die soort dinge nie, alhoewel ek dit ontsettend romanties vind. Ek dink dis omdat ek en my ex nooit iets op die dag gedoen het nie… vrek ons was so sleg met die tiepe dinge dat 2 dae na ons 2jaar huweliksherdenking het dit ons eers by geval dat die dag verby ons geglip het.   

Ek is n romantiese siel al kom dit nie altyd so voor nie… en ek hoop dat die dag vir ieder en almal gevul gaan wees met rooi rose en sjokolade dose. En dat daar iemand is wat in jou oor sal fluister “Ek het JOU lief!”

21 Responses so far »

  1. 1

    Jaco said,

    February 13, 2008 @ 11:32 pm

    Haai jinne ek het nie geweet Erika skryf nog nie.
    Anyway, ons het ook nooit rerig ‘n groot storie van Valentines day gemaak nie, tot ons op daai dag loop trou het. Nou het ons ‘n two for one package deal. Valentines en herdenking.

  2. 2

    TristonJ said,

    February 14, 2008 @ 1:45 am

    ek het geen idee of sy nog skryf of nie… ek het die twee op die net ontdek, maar daar was nie enige detail by oor die digters nie.

    wel dan moet ek nou se gelukkige huweliksherdening!! :grin:

    ja dit was nogal n slim skoot, die wereld herhinder julle sommer dat dit om die draai is en daar is geen te kort aan soetsappige liefdes geskenkies op die rakke! Baie slim :wink:

  3. 3

    Da Mario said,

    February 14, 2008 @ 7:48 am

    Sjoe, dis baie mooi!! Hoop jy het ‘n lekker Valentyns Dag!
    Mwah!

  4. 4

    TristonJ said,

    February 14, 2008 @ 8:05 am

    Dankie DM, jy ook!

  5. 5

    Celéste said,

    February 14, 2008 @ 8:55 am

    Gelukkige Valentynsdag vir jou! Ek weet daar’s nog HOPE mense in jou lewe wat vir jou lief is. Dié wat nie is nie: stuur vir hulle ‘n turksvy - of beter - ‘n kaktus!

  6. 6

    TristonJ said,

    February 14, 2008 @ 9:17 am

    Dankie Celéste! En vir jou ook, hoop jou man spoil jou rotten!
    Truksvy in die bed sal nogal goeie boodskap gee… of hoe dink jy? :lol:

  7. 7

    Jasper said,

    February 14, 2008 @ 9:31 am

    Hoop jy het ‘n wonderlike dag TJ

  8. 8

    TristonJ said,

    February 14, 2008 @ 10:21 am

    Dankie Jasper! jy ook!!

  9. 9

    Celéste said,

    February 14, 2008 @ 11:19 am

    Soos ek nou teenoor manlief voel, sit ek ‘n blêddie turksvy bos aan sy kant van die bed :evil:

  10. 10

    Zee said,

    February 14, 2008 @ 12:08 pm

    Loer net gou om jou ‘n Happy Valentines toe te wens ;)

  11. 11

    TristonJ said,

    February 14, 2008 @ 1:06 pm

    En nou Celéste… wat het die vent gedoen om dit te verdien?? :shock:

  12. 12

    Celéste said,

    February 14, 2008 @ 1:17 pm

    Dis seker maar my skuld, ek weet as hy by die werk is, is daar nie tyd vir ditjies en datjies nie, maar siende dat dit nou Valentynsdag is, het ek in my gereken dit gaan minder mal by sy werk gaan. Toe wou ek net gou iets met hom bespreek, maar hy is toe oppad Witbank toe en toe spring ek op my perdjie omdat hy nie tyd het om na my te luister nie. Nou het ek maar ‘n lysie gemaak van alles wat ek wou sê sodat ek vanaand (wanneer dit ookal mag wees!) met hom daaroor by die huis kan praat. Wat my ook kwaad maak, want vir wat moet ek ‘n “afspraak” maak om met my man oor iets te praat.

    En ek is vies, want ek wou Celine Dion gaan kyk het en hy het nie tyd nie! :evil: :evil:

  13. 13

    TristonJ said,

    February 14, 2008 @ 2:01 pm

    Shoe klink my die man slaap nie net op truksvye vanaand maar doen dit sommer in die honde hok ook!

  14. 14

    Celéste said,

    February 14, 2008 @ 2:48 pm

    Ja jong, dis seker ook maar nie sy skuld nie. Hy werk ook maar net om ‘n ander ou ryk te maak. Net soms raak ek so ietwat gefrustreerd met sy werksure.

  15. 15

    TristonJ said,

    February 14, 2008 @ 5:36 pm

    Ek moet se^ dit klink rof ja!

  16. 16

    Da Mario said,

    February 14, 2008 @ 6:04 pm

    O ja, en moenie vergeet hy werk so hard sodat julle ‘n grand dak oor julle koppe kan hê nie….

  17. 17

    TristonJ said,

    February 14, 2008 @ 6:17 pm

    DM ek dink nie jou sus vergeet dit vir n oomblik en ek is seker sy wardeer dit baie… sy voel maar net vandag van alle dae dat sy met manlief sou kon praat…

  18. 18

    Da Mario said,

    February 14, 2008 @ 8:02 pm

    Girls. :roll:

  19. 19

    TristonJ said,

    February 14, 2008 @ 8:25 pm

    :lol: boys… :roll:

  20. 20

    Celéste said,

    February 15, 2008 @ 7:18 am

    Brothers :evil:

  21. 21

    Da Mario said,

    February 15, 2008 @ 7:24 am

    Ja I know, you just love ‘em!! :lol:

Comment RSS · TrackBack URI

Say your words