Stof af en gaan aan met die lewe…

As jy gatvol is vir my gesaanik moet nie verder lees nie… :wink: 

 

Ek is jammer vir die wiplank rit waarop ek is… maar ek dink dis hoogtyd dat ek op staan en afstof, want die ashoop van my raak nou ongemaklik!

Dis nie n lekker gevoel om daar onder rond te dwaal en nie te weet presies hoekom ek daar is nie. Is dit die pyn van allen wees, is dit die stess van Michelle… ek weet nie. Ek voel meeste dae ok, maar vir die laaste ruk wil die good days net nie kom nie… en as hulle kom wil hulle nie bly nie…

Ek sit aande om en top oor wat van my seun gaan word, gaan hy ok wees met Michelle, gaan hy my verwyt as Michelle besluit om uit sy lewe te verdwyn, is hy sterk genoeg om die spot van ander kinders te vat as Michelle wel deel van sy lewe bly… en dan wil ek my eie gat skop want ek loop haal die bojaan agter die buld met een hand en ruk die dam skoonveld onder die eend se gat uit met die ander hand!

My eenigste opsie is om daar vir hom te wees “come what may”… en hoop vir die beste!

En wat alleen wees betref dis nie die alleen sonder n man nie, dis die alleen van niemand he^ om mee te gesels en lyding te gee, iemand wat al hier deur is en heel anderkant uit gekom. Ek voel asof ek wil skree… niemand donders wel verstaan nie!! Hoe gaan ek voorentoe, hoe verduidelik ek dinge vir my kind as dit vir my so vrek moeilik is om dit vir vriende en familie te verduidelik…

Ek staan alleen op onbekende grond en niemand kan my ly behalwe ek… en ek sal dit reg kry, ek sal elke dag een voet voor die ander sit!  Dit voel net nie meer genoeg nie… maar ek sal dit bly doen, een dag sal daar dalk iemand wees wat saam met my sal wil stap en sal help baklei aan n stryd wat nie more of oormore gaan verby wees nie…  n stryd wat nooit gelukig sal eindig nie…

 Ek dink dit is wat my die meeste pla, die feit dat niemand waarlik ooit sal kan vertaan tensy hulle daar was… Daar was geen ander vrou wie ek kan blameer, daar was geen waarskuwing, geen teken van onrus in n huwelik waar daar nooit gestry was nie, nooit sleg gese^ was of klippe gegooi… ek het niks gehad om my hart voor die tyd mee te verhard nie.  Net een groot f#ckedup dag wat 7 jaar van my lewe n leun gemaak het.

Ek moes mense wat na ons gekyk het as perfek, mens wat na ons gekom het om die geheime van n gelukig huwelik uit te vind, vertel dat ons gaan skei en niemand kon verstaan… So ek moes oor en oor my siel vir hulle oop maak en selfs dan kon hulle nogsteeds nie verstaan nie…

Ek dink oor 30 jaar van nou sal EK nogsteeds nie verstaan nie… So wat is die doel van daar oor stress, vrek as ek net geweet het hoe om op te hou stress, maar ek sal n plan maak… ek moet n plan maak, ek het geen ander keuse!

11 Responses so far »

  1. 1

    Da Mario said,

    February 12, 2008 @ 9:07 pm

    Is daar GEEN ondersteuningsgroepe nie? Ek dink jy kan moontlik daar geholpe raak. En as daar nie is nie, hoekom begin jy nie ene nie?? Sweerlik is die situasie nie SO uniek nie. Iewers daarbuite loop daar nog mans en vroue rond wat soos jy voel. Selfs die aan die anderkant, hulle kan dalk help verduidelik. Hulle het ook hulle eie issues. Hulle verloor dalk ook. Sulke mense sal welliswaar dalk min wees, maar dalk is dit die moeite werd om uit te vind?? Dalk is daar nog mense wat soortgelyke stress het?
    Anyways, jy het nogsteeds jou vriende R… al is jou vriende nie iemand wat VERSTAAN nie, hulle kan luister. En net soms help dit om iemand te he by wie ‘n ou kan afpak. Jy het nie ‘n man of iets nodig om daai rol te vervul nie, jy het net iemand nodig wat sal luister. Ek luister… en jy het jou blog… dis terapeuties.
    Ek is SEKER jy sal fine wees, jy is te slim en te goed om nie te wees nie. Dalk is jy nou op rock-bottom…. dalk word dinge net beter vorentoe? Moenie nou al daai bobejaan gaan haal nie, dink daaroor ja, maar maak soos jy dink, een tree op ‘n slag en jy sal fine wees. Triston ook!
    Lekker aand girl… ;)

  2. 2

    TristonJ said,

    February 12, 2008 @ 9:46 pm

    Daar is ander en ek het al met hulle gepraat … maar geen van hulle het jong kinders… meeste geval gebeur die uitkoms voor daar kinders is of eers na die kinders tienerskap tref, hulle kan my nie advies gee oor hoe om Triston aan Michelle voor te stel nie… en ek het vriendine aan die anderkant ook maar hulle sien ongelukig nie veel van die pyn wat hulle agter laat en konsentreer eerder daarop om my te oortuig dat ek Michelle se beste support moet wees en igroneer die feit dat ek ook suport nodig het. dis nie dat hulle selfsugtig is nie… hulle siening is dat ek verlig moet wees dat Michelle eerlik was met my… en ek kan dit nie ten volle doen nie…

    en support groups in die geval is slegs vir die F2M en M2F nie vir die spouse nie…

    ek is so dankbaar dat ek vriende het wat wel breid is om net eenvoudig te luister as ek nodig het om te unload… en ek is veral ongelooflik dankbaar vir jou DM, jy sal nooit weet hoeveel want ek sal nooit ten volle vir jou dankie kan se^ nie.. jy weet waneer ek nodig het om daaroor te praat en waneer dit die laaste ding is waaroor ek wil praat… dis n rare talent.

    En dan het ek ook die blog… dis vir my heerlik om te kan skryf en uit kry wat net nie meer in my kan wees nie. Ek weet Triston en ek sal ok wees… my kop weet dit maar my hart is so gekneus dat hy dit nie altyd wil raak sien nie…

    hoopelik nou dat ek rock-bottom getref het sal ek die vloer onder my voete kan gebruik om weer op te spring… :smile:

  3. 3

    Da Mario said,

    February 12, 2008 @ 10:08 pm

    Jip, en opspring sal jy… :D
    Daai support groups, dit kan jou dalk help verstaan as jy kan bywoon en vrae vra. Dis nou as hulle jou nie uitskop nie, maar dan is dit nie veel van ‘n group nieis dit? Just a thought…. ;)

  4. 4

    TristonJ said,

    February 12, 2008 @ 10:25 pm

    ek behoord aan Gender Dynamix… maar het ophou saam gesels toe ek aangeval is omdat ek n waarheid ontbloot het wat een moerse miersnes oop gemaak het! :mad:

  5. 5

    Just-Tine said,

    February 12, 2008 @ 11:16 pm

    Nice foto. Onvoorwaardelike aanvaarding wat jou vriend se menswees behels.

  6. 6

    Celéste said,

    February 13, 2008 @ 7:41 am

    Moenie jou kind onderskat nie. Kinders is baie sterker as wat ons dink en as hy sien dat sy mamma ok is en die situasie hanteer met die nodige “finesse” sal dit hom gerusstel en hy krag in jou voorbeeld vind. Dat daar nog baie swaar tye voorlê is gewis, maar dis hoe jy dit hanteer wat jou gaan maak of breek.

  7. 7

    Tristonj said,

    February 13, 2008 @ 8:27 am

    Ek weet hy is Sterk en hy sien nie die onsekerheid in my nie voor hom handteer ek als en is dit net smiles en lag… Hy sal ok wees, en ek ook. ;)

  8. 8

    skoenlapr said,

    February 13, 2008 @ 8:40 am

    Hoekom gaan sien jy nie ‘n sielkundige nie?? VIR JOUSELF. Jy is so gepla oor ander, maar as jy jouself dalk eers “gesond” kan kry, sal jy die korrekte leiding aan jou seuntjie kan gee. Eers DAN sal jy kan lei. Want op die oomblik sit jy in no man’s land.
    Word eers weer lief vir jouself, dan sal ander sien dit straal uit jou uit. So trek jy mense nader.
    Gaan praat met iemand wat niks van hierdie saak af weet nie. ‘n Sielkundige. Dan kan jy huil en skree en opkrul in ‘n hoekie, want jy MAG. (hehe, en jy betaal daarvoor)
    Komaan girlfriend, jy skuld dit vir jouself en jou seun. (nie jou eksman nie, hy is die produk van sy eie bollie).
    Belangrik is die feit dat JY eers moet geheel word. Anders sal jy nooit ooit jou seun kan lei nie.
    Email my as jy wil gesels, ek sal luister.
    Liefde Adele

  9. 9

    sonkind said,

    February 13, 2008 @ 9:03 am

    Ek stem saam met skoenlapr - gaan sien iemand. Dis die beste ding wat jy ooit vir jouself sal kan doen.

    Moenie dink om voor te gee jy is happy, gaan jou kind op die lang duur heeltyd flous nie. Kinders voel aan as dinge nie lekker is nie of as ons nie happy is nie, maak nie saak hoe goed jy ‘act’ nie.

    Eers as jy weer vrede in jouself gevind het, sal die res van jou lewe in plek reg val.

    Sterkte!

  10. 10

    Skoor said,

    February 13, 2008 @ 9:26 am

    Goeie plan van Skoenlapr - jy is dit aan jouself verskuldig. En jy is klaar op die herstelpad, maar soms het mens net bietjie guidance nodig van ‘n geoefende hand.

    Smiles.

  11. 11

    TristonJ said,

    February 13, 2008 @ 11:11 am

    Ek het kort na als begin het een gaan sien, en dit het baie gehelp… ek gaan hom maar weer sien. Dankie aan almal se omgee en raad ek wardeer dit baie! :smile:

Comment RSS · TrackBack URI

Say your words