Archive for February, 2008

Ander mense…

Ek wonder sommer so vandag hoe mense by mekaar pas…

Daar is nou maar net eenmaal sommige mense wat mens oor die weg mee kan kom, sommige mense met wie mens koppe bots en dan sommige mense wat by jou pas soos n handskoen.

 

En dan is daar die draai… wanneer die mense met wie jy gedink het jy goed oor die weg gekom het skielik net draai, en een van die word met wie mens konstant kop bots. En die draai van iemand wie jy gedink het jy net nooit mee oor die weg sal kan kom… en dan eendag vind jy jouself met die persoon alleen op n trap en sit. Daar gebeur dan skielik iets snaaks en julle vind iets om oor te praat…

 

Ek geniet dit om na mense te kyk, te sien hoe hulle met sekere mense is en dan iemand heel anders is in die geselskap van ander. En dan vang mens n glimpse, net so vinnige een van die persoon alleen… jy sien hulle op n afstand met niemand rondom hulle en hulle heel onbewus van jou oe op hulle. Dis in daai oomblik wat hulle die shutters laat drop, en mens sien die alleenheid van iemand wat heeltyd deur ander omsingel word.

 

Ek sit gisteraand met my vriend in n restaurant… hy bring toe my aandag op een van die gereelde kuier mense en ons sien daai oomblik… gevul met eensaamheid. En ek sit toe en wonder hoe gereeld mense daai oomblik in hom sien, en die antwoord is amper nooit, want niemand wil hulle eie swakheid aan ander wys nie.

 

Ek dink ek is bevoorreg om hierdie kol in die heelal te he^ waar ek my shutters kan drop, en ek is nog meer bevoorreg om te weet dat daar mense is wat ek myself, foute en al, voor kan wees. Waar ek nie heeltyd happy hoef te wees, en wat trane as deel van die lewe aanskou… niemand is altyd happy nie, niemand is altyd vriendelik nie… Mense is nou maar een maal emosionele aangedrewe diere…

 

Comments (12) »

Mense wat nie weet wat hulle in die lewe het… pla die stront uit my uit!!!

Ek het baie in die lewe om oor dankbaar te wees…

 

My kind is gesond en gelukkig

Ek het n werk wat ek geniet, en kry n salaris wat beteken ek kan vir my seun sorg.

Ek het mense wat oor my omgee, omgee of ek happy is!

Ek is gesond en oor die algemeen gelukkig…

 

Ek sal nou nie stry dat daar dinge in my lewe is waar oor ek nie in die minste dankbaar is of wil wees nie… ek sou my oogtande gee om n ex man te he^ wat sy finansiële pligte na kom en sy beloftes hou, een wat belangstelling in sy eie kind toon. Ek sou graag my kar reg wou he^, ek sou graag nie die probleme wil he^ wat ek wel het nie.

 

Maar aan die dinge is daar niks wat ek kan verander nie, ek kan nie Etienne/Michelle forseer om sy seun te wil sien nie… Wat die geld aanbetref, ek kan hom/haar seker hof toe sleep as hy/sy nie betaal nie, maar wat sal dit my nou in die sak bring as hulle hom/haar toesluit… dan kan hy/sy mos tog nie n inkomste kry nie!?! En soos meeste dinge maar n ketting reaksie is kan ek nie my kar reg maak tensy hy/sy sy/haar deel van die skuld by dra nie!  

 

Maar ek dink aan vrouens wat nie besef wat hulle het nie, Vrouens wat dit maar as alledaags sien as hulle ex mans die kinders so gereeld moontlik wil sien. Vrouens wie se ex mans meer as die verwagte geldelike bydraes maak… dit steek my dwars as sulke vrouens dan nog steeds suinig wil optree… en die liefde wat die pa’s vir hulle kinders het misbruik of sien as van self sprekend!

 

Die eerlike waarheid is dat daar baie min mans daar buite is wat beide hulle finansiële en emosionele pligte aan hulle kinders na kom… Dit is meer algemeen vir geskeide mans om te voel as hulle daar is met liefde dan maak die geld tog nie saak, of as hulle reg staan met die geld het hulle nie meer nodig om ware pa’s te wees nie! En dan is daar so n paar bliksems daar buite wat dink as die skei briewe deur die hof getrek het is hulle nie meer n pa nie, is hulle vrygespreek van alle verantwoordelikheid…

 

Ek wens waarlik dat ons almal die dinge in ons lewens wat goed en reg is kan raak sien en waardeer… Om geskei te wees het sy eie pitfalls sonder dat ons dinge nog moeiliker maak, as jy in die gelukkige omstandighede is om n ex (man of vrou) te h^ met wie jy waarlik oor die weg kan kom, een wat waarlik nog wil involved wees! Gaan op jou knee en se^ dankie want jy is dan gelukkiger as wat jy ooit sal kan raai!

 

Comments (10) »

Kerkplein…

dsc00188.jpgdsc00181.jpgdsc00176.jpgdsc00173.jpgdsc00191.jpgdsc00184.jpg

Toe ek n kind was het my ma altyd ons na snaakse plekke gevat soos Kerkplein om die duiwe te voer, of Macnolia dal toe om op kartondose van die heuwel af te gly, en die beste was toe ons Uniegeboue toe was en gesien het hoe hulle die gras groen sprypaint!… en van middag toe kry ons n geir om dit weer te doen, en daar sak ons toe af Kerkplein, sak brood in die hand want ons wil duiwe voer!

Dit was verbaasend skoon, en die duiwe was gelukkig vrek honger, toe die eerste krummel grond tref sak hulle op ons neer! Dit het Triston so 5 min gevat om aan die gediertes gewoond te raak en toe voer hy hulle lekker saam en so 15 min toe jaag hy hulle die hele plek vol.

Daar was ander kinderkies (almal swart want ons blankes is mos bang om voet in die stad te sit sonder goeie rede, en dit is so blerrie stupid) en Triston het hulle vinnig onder hande geneem en brood in die hand gestop om te wys hoe die ding gedoen word. En aangesien dit die hartjie van Pretoria is het dit nie lank geneem vir die eerste toeriste om daar neer te daal nie… daar gaan so doesyn foto’s van Triston land uit na die dag, want hy was net te bly om vir die kliekies te pose.

All in all n heerlike dag, op die mees onverwagte plek…

Comments (9) »

I love you…

I love you

Can’t imagine one day without you

Can’t think of your smile without smiling

When I hear you laugh, I have no reason to feel blue

I want to walk by your side

Share your joy, your sorrow and your victories

I want to be the one you run to in all things

I want to be your rock, your shelter

And even though I know one day you will find someone and leave me just a shadow in your life… Remember always, mommy loves you!

trislove.jpg

Comments (5) »

Potty-training!

Dis al wat ek gaan se^ en vir die mammas en pappas daar buite is dit al wat nodig is!!!

Potty-training!! Red my siel…

Comments (2) »