Smooth…
Daar is maniere en dan is daar maniere om n girl se aandag te kry… nie waar nie! Jy bou daar toe op. Jy stap nie na die eerste girl wat jy in n bar sien en sê vir haar “I’ll show you mine if you show me yours?” of selfs erger “Now that you’ve seen mine, show me yours!?!”
Ek kan nie glo dat die tiepe gedrag slegs met ouderdom verbeter nie… maar aarde tog, ek is nog jonk en kan net nie insien dat enige girl daarvoor val nie!
Ek kry n sms die naweek van n ou werks kolega van my ex man, iemand saam met wie ons gereeld gebraai het, wat by ons troue was… ens. En dis heel vriendelik… “hi, hoegaan dit, hoe gaan dit met kleinman…” Hy vertel my toe dat sy ouers na Frankryk gaan vir 8 weke en dat hy home alone gaan wees, ek sê toe vir hom “dis lekker geniet die stilte…”
En hier tref die pawpaw die fan… “So kom slaap jy oor?” Ummm?!? Waar kom dit nou vandaan!!
Maar ek is kalm en sê maar niks nie… hy volg dit toe op met 3 foto’s en n baie intieme video en die mate van sy klein vriend!! En vra so ewe of dit my incentive gee… en dat ek vir hom so paar foto’s moet stuur… Weet laaities net nie meer hoe, is hulle nie geleer of is dit die voorbeeld van die ouers wat deur kom. Ek was stom geslaan, ek ken die kind se ouers goed, sy ma het al na my seun gekyk. Die is nie die tiepe mense wat hulle is nie!
Ek vra toe maar vir hom of die tiepe ding ooit vir hom werk, en hy antwoord heel trots op hom self “jip!” nou ja hoe stry mens dan nou daarmee…lol
Nou wil ek in alle eerlikheid weet, waste girl met n ounce van trots gaan daarvoor val?!? Mens bou mos n grondslag om op te werk… vra die girl uit vir n nice ete, nooi haar vir n braai. Wine en dine haar vir n paar weke, wees n vriend, luister en gesels… dis die vinigste manier na n girl se hart, nie waar nie? En n girl se hart is die sleutel tot als…


