Liewe Erwin
Ek wens vir nog net een dag… nog net een uur, self een minute, waarin ek vir jou kan vertel hoe trots ek is om jou suster te wees. Hoe ek op gekyk het na jou en jou gesin, hoe julle in my oe met al die onperfeksies in die wêreld die “dream” representeer het. Julle was nooit volmaak maar het steeds volmaak aan my en almal rondom julle voorgekom, selfs deur die donkerste dae het julle gewerk om julle gesin heel te hou.
Ek wens ek kon jou vertel hoe ek gespog het tot ek n preteen tannie geword het en hoeveel dit vir my beteken het dat julle my met julle bondel liefde vertrou het, om haar doek om te ruil en so sukkel sukkel vir haar bottel te gee, nou is daai bondel vreugde n matriek meisie haar pa se oogappel en die familie se trots. Ek onthou die dag wat ek julle seun die eerste keer vas gehou het… ek het met hom in die gang af gestap en net daar het hy besluit om die mure groen te verf… hy is nou amper n man…
My hart breek vir hulle… want daar gaan geen walk down the isle wees nie,daar gaan geen eerste bier om die braaivleis vuur wees nie… My ou boet ek het jou lief gehad nie net omdat jy my broer was nie maar ook vir die mens wie jy was, die waardes wat jy by vol gehou het en vir die dapper manier wat jy deur hierdie stryd van jou gegaan het. Jy het tot op die laaste baklei en dit is hoe ek jou gaan onthou. Nie die mens wie se hand ek vanaand gevat het, jy was nie meer daar nie…
My asem het saam met joune in lyn geval en alhoewel my longe nie geratel het, het ek die pyn saam met jou gevoel… ek het dit bedoel toe ek jou vertel jy mag maar gaan, want Erwin al is jy nie meer in vlees met ons, lewe jy vir ewigheid in die harte van jou pa, jou ma, jou kinders, jou suster en jou broer.
Ek sal seker altyd wens vir nog net een dag maar ek sal altyd bly wees dat jy nie nog een enkele dag in daai pyn moes deur bring nie…
Ewig en in liefde jou kleinsus…